



AGTER DIE MUSIEK: VAN SKOUSPEL TOT GROOT deur Wihann Nel
Van Huisgenoot Skouspel se glansdae tot Afrikaans is Groot se twee naweke van uitverkoopte vertonings – hierdie dokumentêr neem jou op ’n klankgedrewe reis deur die ontwikkeling van Afrikaanse musiekkonserte in Suid-Afrika. Wihann Nel ondersoek hoe hierdie groot produksies nie net kunstenaars se lo…

REUSE WAT REKORDS LAAT SPAT deur Flip Loots
Die prestasies van entrepreneur Billy Cowley en haarkapper André Green het hulle elk twee Guinness Book of Records laat behaal. Billy het eers 420 g Marmite binne een uur geëet, en toe ‘n kar vol kankerstrikkies geplak. André het eers binne 24 uur die meeste vroue se hare gesny, en toe onderwater d…

OOM HANNES COETZEE: LEPEL EN SNAAR deur Johan Rademan
Oom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl. Hy het in Amerika selfs meestersklasse aangebied by 'n glykitaar-byeenkoms. Die unieke lepel-en-snaar metode is ongekend in die wêreld. Wat min mense egter weet is dat hy ongelett…

ADAM EN JAKES: GESPREKSGENOTE IN EN OOR AFRIKAANS deur Heindrich Wyngaard
Die digter-filosoof, Adam Small, en die letterkundige en UWK-rektor, Jakes Gerwel, se rolle as Afrikaanse ikone word in hierdie dokumentêre program belig. Die stemme van onder andere digter Antjie Krog, teoloog Allan Boesak en musikant Frazer Barry word gehoor.

DIE BAAI SE HONDEMAN deur Mariska Spoormaker
Dis eintlik jammer dat honde nie kan praat nie, want as dít die geval was, sou Port Elizabeth se honde jou alles van Johnson Ndlakuza, hulle pamperlanger, kan vertel. Hy gee al nagenoeg 50 jaar lank baie Baaise honde alles wat hulle nodig het om pure perfekte hond van toonnael tot tand te lyk. En d…

STYL SONDER 'N HAP UIT JOU BEURSIE deur Sue Pyler-Slabbert
Jy sal veel eerder 'n motor tweedehands aanskaf as wat jy enige iets anders sommer sal koop, maar hier is 'n wêreld wat jou twee keer sal laat dink. Thrifting of snuffelkoop is 'n florerende, globale verskynsel met 'n mark ter waarde van miljarde, gedryf deur die begeerte na bekostigbare, unieke it…

CHRISTO VAN DER RHEEDE: GOEDGEMAAK OP GOEDVERWACHT deur Haidee Muller-Isaacs
Christo van der Rheede is gebore op Goedverwacht, anderkant Piketberg in die Wes-Kaap. Desjare was hy eers ‘n musiekonderwyser en later skoolhoof. Toe beland hy by die Stigting vir Bemagtiging Deur Afrikaans (SBA) as uitvoerende hoof. Later het Christo homself geanker as sleutelfiguur in Suid-Afrik…

EK MIS MY KIND deur Esté de Klerk
Ouervervreemding is die ergste vorm van emosionele kindermishandeling wat toegepas kan word, omdat die kind - wat doelbewus deur sy een ouer van sy ander ouer vervreem word - tot só ‘n mate geïndoktroneer word, dat hy of sy gevoelens van haat teenoor die teikenouer begin koester. In die meeste geva…

LAURIKA: LIED VAN ’N LEWE deur Jacqui January
’n Dokumentêre program oor die lewe en werk van Laurika Rauch. Van “Kinders van die Wind” tot die hartklop van die land, volg ons haar reis deur musiek, herinnering en menswees. Dis ’n eerbetoon aan ’n ikoon, wat nie net gesing het nie, maar ons laat voel het.

MATIES-RUGBY 150: ‘N NALATENSKAP WAT INSPIREER deur Jody Hendricks
Die bekende Maties-rugbyklub is vanjaar 150 jaar oud - ’n beduidende mylpaal in Suid-Afrika se rugbygeskiedenis. Sedert die klub se ontstaan in 1875 met ’n wedstryd op Die Braak (gespeel met ’n ronde bal) het die klub gegroei tot een van die mees gedugte instellings in die geskiedenis van die spel.