



KOEBAAI KELDERS VAN GEHEIME deur Haidee Muller-Isaacs
KELDERS VAN GEHEIME was eTV se eerste plaaslik vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama oor al die intrige, liefdeskinkels en donker geheime op die fiktiewe wynplaas, Soebatskloof, in die Kaapse wynlande. Die uitsaaier het ná net twee seisoene besluit om die reeks te kelder, in weerwil daarvan dat d…

DIE GIF IN JOU HAND: DIE ONSIGBARE PRYS VAN E-ROMMEL deur Lizelle de Bruin
Ons almal het daardie laai vol ou selfone, kabels en toestelle wat ons lankal nie meer gebruik nie, en niemand weet wat daarmee gebeur as jy dit weggooi nie. Lizelle de Bruin en Niel Roux het besluit om hulle kantoor skoon te maak, en met ’n klomp ou elektroniese toestelle na ’n afvalfasiliteit te …

DIS JOU PAD, MAGDA deur Ina Strydom
Magda van Biljon sal vir baie mense altyd die “Wielie Walie-tannie” wees, want sy het dié program op SAUK-televisie vir 14 jaar lank aangebied. Maar haar talent én haar bydrae tot die kuns- en vermaakbedryf strek baie verder. Sy vertel onder meer van die verskillende aspekte van haar loopbaan; hoe …

SIEKEFONDS OF SKYNVEILIG? deur Mari Hudson
As die ongebreidelde styging in mediesefondspremies en private gesondheidsorg aanhou voortduur, kan private sorg buite bereik van nog meer mense raak. Is dit enigsins nog die moeite werd om aan ‘n mediese fonds te behoort? Mari Hudson het gaan uitvind hoe werk mediese fondse in Suid-Afrika, hoekom …

DIE GEVAAR IN ONS GROEN ARE deur Esté de Klerk
Hoe besoedel is Suid-Afrika se riviere? Wat veroorsaak dit? Wie is verantwoordelik daarvoor? Ontbreek daar ‘n politieke wil? Is daar ‘n gebrek aan verantwoordbaarheid op regeringsvlak om ‘n toenemende natuurramp af te weer? Is dit te laat om hierdie situasie om te keer? Esté de Klerk stel ondersoek…

DIE LANGPAD deur Ettienne Ludick
Om ’n langafstand-vragmotorbestuurder te wees, is nie in elke mens se bloed nie. Dis lang ure weg van jou geliefdes, en gevare op die pad wat genavigeer moet word. Ons pak ‘n reis aan saam met drie langafstanddrywers, wat die menswees agter die stuur van tonne vrag ontbloot. Hoor die passie, die ge…

NIE VIR HAAR GEBOU: DIE GESLAGSGAPING IN DIE ONGELUK deur Martelize Brink
Vroue is meer geneig om ernstig beseer te word, of te sterf, in motorongelukke as mans, met 'n 73% hoër waarskynlikheid van ernstige beserings in vergelykbare ongelukke. Vroue ly meer beserings aan die onderste ledemate, buik en bors, terwyl mans meer geneig is tot rugbeserings en, oor die algemeen…

MET DIE HELM GEBORE deur Flip Loots
Die sien van rampe, voorbodes, geluk, besonder gelukkig wees - dit is alles woorde wat gebruik word vir iemand wat in die volksmond bekendstaan as “met die helm gebore” te wees. Maar wat beteken dit? Die verskynsel dat baba’s met die vrugwatersak (helm) oor die kop gebore word, is baie skaars. Flip…

MUSIEK IN DIE ARE: GESLAGTE VAN PAPIER-MUSIEK deur Carla Mackenzie
Die Papier Family Band se musiek vertel die verhaal van familie, erfenis en die unieke ritmes wat al geslagte lank deel vorm van Suid-Afrika se musikale geskiedenis. Sedert 1932 weerklink die klanke van die Papier-familie deur Franschhoek se strate. Vandag speel hulle nie net vir hulle gemeenskap n…

’N PADDA IS ‘N DING WAT SPRING, OF NIE? deur Kobus Rudolph
Hoekom kry mens paddas in jou huis? Kan ‘n padda muurklim? Hoekom verdrink paddas as hulle amfibieërs is? Kry mens vratjies van paddas? Is paddas giftig? Reën dit paddas as daar dan so baie paddas is wanneer dit reën? Hoekom kwaak ‘n padda? Hoe lank slaap ‘n padda in die winter? Waar bly paddas? Pr…