

PLEKTRUM deur Esté de Klerk
‘n Plektrum is ‘n klein stukkie gereedskap wat gebruik word om snaarinstrumente mee te tokkel. Vir die Suid-Afrikaanse kitaargenie, musiekvervaardiger en komponis, Mauritz Lotz, is ‘n plektrum deel van sy persoonlike arsenaal, en versinnebeeld dit dat iets klein - ook in die lewe - ‘n groot verskil…

GESTEEL UIT DIE GROND: VETPLANTE VIR DIE WÊRELDMARK deur Jacqui January
Jacqui January neem ons na ‘n verlate klipkoppie waar mans douvoordag skaars vetplante stroop vir die wêreldmark. Kenners gesels oor versamelaars se beheptheid met vetplante, en ons hoor wat die verskil tussen en vetplant en ’n kaktus is. Skrywer Irna van Zyl vertel hoe ‘n onskuldige potplant ’n mi…

SUID-AFRIKA SE KAALVOETKONINGIN, ZOLA BUDD deur Jody Hendricks
Zola Budd is bekend is vir haar kaalvoetstyl, wêreldrekords en ’n Olimpiese loopbaan, waarin sy vir twee lande deelgeneem het. Sy het die 5000 m-wêreldrekord in 1984 verbeter, maar dit is nie internasionaal erken nie. Sy het ook vir Groot Brittanje by die 1984 Olimpiese Spele aan die 3000 m deelgen…

KOEBAAI KELDERS VAN GEHEIME deur Haidee Muller-Isaacs
KELDERS VAN GEHEIME was eTV se eerste plaaslik vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama oor al die intrige, liefdeskinkels en donker geheime op die fiktiewe wynplaas, Soebatskloof, in die Kaapse wynlande. Die uitsaaier het ná net twee seisoene besluit om die reeks te kelder, in weerwil daarvan dat d…

DIE GIF IN JOU HAND: DIE ONSIGBARE PRYS VAN E-ROMMEL deur Lizelle de Bruin
Ons almal het daardie laai vol ou selfone, kabels en toestelle wat ons lankal nie meer gebruik nie, en niemand weet wat daarmee gebeur as jy dit weggooi nie. Lizelle de Bruin en Niel Roux het besluit om hulle kantoor skoon te maak, en met ’n klomp ou elektroniese toestelle na ’n afvalfasiliteit te …

DIS JOU PAD, MAGDA deur Ina Strydom
Magda van Biljon sal vir baie mense altyd die “Wielie Walie-tannie” wees, want sy het dié program op SAUK-televisie vir 14 jaar lank aangebied. Maar haar talent én haar bydrae tot die kuns- en vermaakbedryf strek baie verder. Sy vertel onder meer van die verskillende aspekte van haar loopbaan; hoe …

SIEKEFONDS OF SKYNVEILIG? deur Mari Hudson
As die ongebreidelde styging in mediesefondspremies en private gesondheidsorg aanhou voortduur, kan private sorg buite bereik van nog meer mense raak. Is dit enigsins nog die moeite werd om aan ‘n mediese fonds te behoort? Mari Hudson het gaan uitvind hoe werk mediese fondse in Suid-Afrika, hoekom …

DIE GEVAAR IN ONS GROEN ARE deur Esté de Klerk
Hoe besoedel is Suid-Afrika se riviere? Wat veroorsaak dit? Wie is verantwoordelik daarvoor? Ontbreek daar ‘n politieke wil? Is daar ‘n gebrek aan verantwoordbaarheid op regeringsvlak om ‘n toenemende natuurramp af te weer? Is dit te laat om hierdie situasie om te keer? Esté de Klerk stel ondersoek…

DIE LANGPAD deur Ettienne Ludick
Om ’n langafstand-vragmotorbestuurder te wees, is nie in elke mens se bloed nie. Dis lang ure weg van jou geliefdes, en gevare op die pad wat genavigeer moet word. Ons pak ‘n reis aan saam met drie langafstanddrywers, wat die menswees agter die stuur van tonne vrag ontbloot. Hoor die passie, die ge…

NIE VIR HAAR GEBOU: DIE GESLAGSGAPING IN DIE ONGELUK deur Martelize Brink
Vroue is meer geneig om ernstig beseer te word, of te sterf, in motorongelukke as mans, met 'n 73% hoër waarskynlikheid van ernstige beserings in vergelykbare ongelukke. Vroue ly meer beserings aan die onderste ledemate, buik en bors, terwyl mans meer geneig is tot rugbeserings en, oor die algemeen…