RSG DokumentêrRSG Dokumentêr

BREYTEN BREYTENBACH – ‘N ANDER SKAKERING deur Johan Rademan Johan Rademan is pas deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns

View descriptionShare
Johan Rademan is pas deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met 'n erepnning vir hierdie hoorbeeld.
Ter viering van die bekende Suid-Afrikaner, Breyten Breytenbach, het Johan Rademan 'n spesiale program saamgestel wat die fokus verplaas van sy skrywerskap, waarvoor hy alom bekend is in Suid-Afrika, na sy skilderkuns, drama en musikaliteit. In 'n eksklusiewe onderhoud met Breyten brei hy uit oor sy ondergewaardeerde sy in Suid-Afrika, en hoe dit eintlik 'n onontbeerlike komponent vorm van sy kunstenaarskap. Renaissance-kunstenaars het dikwels as filosowe, digters, beeldhouers, skilders en skrywers alle genres oorskry. Breytenbach is een van die enkele Suid-Afrikaners wat so 'n Renaissance-kunstenaar is. Luister na die kunsinnige sagte Breyten en die geharde rebel en heethoof, saamgesmelt in een program wat toegelig word met vriende en kenners, wat die genres saam met hom verken het.
  • Facebook
  • Twitter
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. RSG Dokumentêr

    306 clip(s)

RSG Dokumentêr

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Social links
Recent clips
Browse 306 clip(s)