Die regerende Zanu-PF in Zimbabwe wil die land se Grondwet wysig om president Emmerson Mnangagwa tot 2030 te laat regeer. Die Zimbabwiese kabinet het die Grondwetwysiging goedgekeur, en die afgelope paar dae is daar reg oor die land openbare vergaderings gehou waar die publiek hulle menings kon gee. Baie van hierdie openbare vergaderings is egter ontwrig deur geweld. Talle mense wat teen die wysiging gepraat het, of wou praat, is aangerand en stil gemaak. 'n Referendum is egter nodig om die Grondwet te wysig. Ons praat hieroor met 'n senior navorser by die International Crisis Group, Liesl Louw-Vaudran.