Op en WakkerOp en Wakker

Willie Esterhuizen het nog baie fut in sy put

View descriptionShare
"Poeksie Woeksie se Worsie Wapsie is nog baie lief vir hom!" is net meer as 35 jaar gelede die eerste keer op Afrikaanse televisie gehoor, toe die uiters gewilde sitkom, Orkney snork nie, die eerste keer uitgesaai is. Dis vandag steeds gewild en word tans weer op kykNET uitgesaai. En wie sal Worsie, Boeboe, Frik, Poppie, Ella en Sheridan van Vetkoekpaleis ooit vergeet? Nou herleef hierdie komediereeks weer, en die gehoor kan dit kyk terwyl dit vir televisie opgeneem word. Dit word eersdaags by die AfriForum-teater opgeneem om later op AfriForum-TV uitgesaai te word. Die skepper van hierdie onvergeetlike TV-reekse, wat volksbesit geword het, Willie Esterhuizen, sluit by ons aan.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,727 clip(s)