Die Suid-Afrikaansgebore stroomdiens, Showmax, sal eersdaags sy deur sluit. Showmax se eienaar, MultiChoice is onlangs deur die Franse TV-reus, Canal+, oorgeneem. Showmax, wat teen miljarde rand se verlies bedryf is, het gefokus op inhoud vir Afrika, maar meegeding met groot internasionale rolspelers soos Netflix, Apple TV en Prime. Ons praat hieroor met een van Suid-Afrika se mees gesoute kenners van die TV-bedryf, Pat van Heerden. Pat het al verskeie senior poste beklee by die SAUK, MultiChoice en 'n rits ander internasionale uitsaaiers.