Vier dae ná berigte dat senior ANC-amptenare voordeel sou trek uit ’n kontrak vir watertenkwaens, het Nasiphi Moya, die burgemeester van Tshwane, glo nog steeds geen stappe teen Eugene Modise gedoen nie, en vermy sy die media ten alle koste. Daar is groot kommer oor Modise se rol en die behoefte aan duidelikheid oor die ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid. Ons praat met Cilliers Brink, die DA se burgemeesterskandidaat vir Tshwane.