Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se geskiedenissimposium word later vandag in Pretoria gehou. Vanjaar is die land se argiewe in die kollig - van die uitdagings om dit te bewaar en toegang te verkry, tot die nuwe moontlikhede wat digitalisering vir historiese navorsing bied. Deelnemers word genooi om saam te dink oor hoe historiese versamelings nuwe lewe kan kry in ’n digitale era. Ons praat met die navorsers, prof. Johann Wassermann en dr. Ruhan Fourie, beide lede van die Akademie se geskiedeniskommissie.