Die eilandstaat, Singapoer, word beskou as een van die veiligste en welvarendste state in Asië én in die wêreld. Die stad was onder Britse koloniale beheer tot 1963, en het in 1965 onafhanklik geword van Maleisië. Is daar hoegenaamd ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Singapoer, en is daar iets vir ons by dié Asiese Tier te leer? Inderdaad is daar, sê die politieke wetenskaplike, professor William Gumede van Wits. Dr. Marc Oosthuizen stem in 'n onlangse artikel met Gumede saam.