Een van Suid-Afrika se mooiste en ongerepste bestemmings, die Blyderivier Canyon, word deur duisende onwettige myners bedreig. Die bedreiging hou ook risiko's vir die Krugerwildtuin in. Die Blyderivier Taakspan, 'n nie-regeringsorganisasie, voer nou al vir jare 'n stryd teen onwettige mynbedrywighede. Ons praat De Wet du Toit van die Blyderivier Taakspan.