Vandag, 47 jaar gelede, het duisende jeugdiges teen die apartheidsregering en sy beleid in Soweto in opstand gekom. Honderde skoolkinders en jongmense is deur die polisie doodgeskiet. Die befaamde Afrikaanse digter-filosoof, NP van Wyk Louw, skryf in sy Lojale verset wat in 1939 verskyn het: “Opstand is net so noodsaaklik in 'n volk as getrouheid. Dit is nie eens gevaarlik dat 'n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat 'n hele geslag sonder protes sal verbygaan.” Wat is jongmense van vandag se “rebellie”, se “protes”? Wat is jongmense se menings oor brandende kwessies in die land én die wêreld? Ons het ‘n paneel onder 35’s bymekaar, en ons gesels met hulle oor wydlopende sake.

DA-reklameborde sit waterkrisis in kollig
11:48

In die kollig 2 – 4 Maart 2026
01:36

Historiese Almanak 4 Maart 2026
03:57