Die vuurwarmdebat oor en tussen Afrikaners die afgelope twee jaar, en wat nuwe stukrag gekry het sedert die verkiesing van Dondald Trump as Amerikaanse president, vlam steeds sporadies op in meningsblaaie en op sosiale media. Een van die onlangse bydraes waarop sterk gereageer is, is dié van Daniël Eloff, wat sê daar is deesdae 'n "Vierde Afrikaner". Daniël is 'n regsgeleerde en stigterslid van die aanlynpublikasie, OntLaer.