Op 1 Januarie 2027 neem 'n nuwe Sekretaris-generaal die Verenigde Nasies se leisels by António Guterres oor. Die proses om 'n nuwe VN-leier te verkies is reeds in volle swang. Guterres is van Portugal, en was die afgelope 10 jaar die VN se hoof. Vrydag was daar weer 'n informele stemmery, bekend as straw polls, vir die kandidate onder die 15 lede van die VN-Veiligheidsraad. Daar het egter geen gunsteling na vore getree nie. Ons praat hieroor met Jaco Kleynhans, skakelhoof van die Solidariteit.