Suid-Afrika se superster-skrywer, Deon Meyer, sit nie stil nie. Sy boek, Onsigbaar, wat meer as 'n dekade gelede verskyn het, is verwerk in 'n televisiereeks, Invisible. Die eerste episode is verlede week op M-Net uitgesaai. Kritici beskryf dit as wêreldklas. Die Engelse vertaling van Deon se boek, Skorpio, wat einde verlede jaar verskyn het, het ook pas op die rak verskyn, as Scorpio Rising.