RSG-luisteraars ken hom as die warm stem agter InTune op Maandagaande. Maar deesdae skuif Fran-Rico Lucas elke middag voor die TV-kameras in as die mede-aanbieder van SABC2 se regstreekse geselsprogram, Eintlek Let’s Connect. Fran-Rico klets elke dag met interessante mense oor die stories wat die land laat gons.