Daar was lanklaas ’n nuusgebeurtenis wat soveel Suid-Afrikaners warm onder die kraag maak. Oral waar jy kom, het iemand iets te sê oor die inhegtenisneming van Peet en Mel Viljoen in Amerika. Die egpaar, wat met Real Housewives of Pretoria bekendheid verwerf het, staan nou in Florida tereg op aanklagte van winkeldiefstal. Die Viljoens het Suid-Afrika verlaat omdat hulle glo wou wegkom van ’n sogenaamde wit volksmoord. En, ironies genoeg, ook die bewering dat dit net swart mense is wat steel. Ons praat nou met die joernalis wat die storie in Suid-Afrika gebreek het, Jana van der Merwe, ondersoekende redakteur van Netwerk24.