Dit is Klopse-tyd in die Moederstad! Tot 20 000 mense neem vandag aan die Tweede Nuwejaarsvieringe deel. Dis ’n tradisie wat al meer as 140 jaar oud is, en gewortel is in die geskiedenis van Distrik Ses en die stad se bruin gemeenskap. Van glinsterende kostuums tot die klank van die ghoema en banjo, hierdie parade is nie net ’n fees nie, maar ’n viering van identiteit, geskiedenis en gemeenskap. Ons praat met prof. Michael le Cordeur, emeritusprofessor in opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch en voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.