Hoe veilig is mens regtig tydens ’n donderstorm? Twee mense is onlangs dood, en 150 beseer toe weerlig ’n tradisionele fees in Mathibestad in Noordwes getref het. Wetenskaplikes waarsku dat selfs ’n paar sekondes tussen die sien en hoor van weerlig jou in ernstige gevaar kan plaas. As die weerlig jou tref, is dit amper altyd noodlottig. Ons praat met prof. Ryan Blumenthal, ’n spesialis forensiese patoloog met ’n doktorsgraad in elektriese en inligtingsingenieurswese.