Die plaaslike beesbedryf het in 2025 ’n bietjie asem geskep toe internasionale en plaaslike vleispryse gestyg het, maar volgehoue siekte-druk, stygende insetkoste en ’n brose uitvoermark hou die optimisme in toom. Die bedryf moet vinnig stabiliseer, aangesien bek-en-klouseer steeds ’n enorme impak het. Daadwerklike optrede is nou van kritieke belang vir plaaslike en uitvoer-beesteproduksie. Ons praat met dr. Frikkie Maré, bestuurshoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie.