Die Tshwane-metroraad se bekendstelling van ’n nuwe anti-korrupsiestelsel het onverwags die kollig op die stad se eie politieke twis laat val. Die DA beskuldig die ANC/EFF/ActionSA-koalisie daarvan dat hulle korrupsie veroordeel, maar steeds politici met ernstige korrupsiebewerings beskerm. Die fokus val veral op die burgemeesterskomiteelid wat die aankondiging gelei het, ondanks bewerings dat hy by ’n stadskontrak bevoordeel is. Ons praat hieroor met Jacqui Uys, die DA se finansieswoordvoerder vir Tshwane.