Ons vier vandeesweek die 75 jarige bestaan van die SAUK se nuusafdeling. Die omstredenheid wat die SAUK voor demokrasie dikwels omgeef het, het nie altyd gewyk ná 1994 nie. Dink maar aan die Hlaudi Motsoeneng-era, of toe Dali Mpofu in beheer was. Tog het die SAUK meer dikwels as nié dinge reg gedoen. Om oor die soet en die suur in sy tyd as uitvoerende regisseur van aktualiteit by RSG en sy voorgangers te gesels, sluit Foeta Krige by ons aan.