Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het om die dag op die regte voet te begin.
6,809 clip(s)
Loading playlist
Volgens die invloedryke Amerikaanse Hudson-instituut, is die beste manier om Suid-Afrika se anti-Amerikaanse beleid te verander, geteikende sanksies teen ANC-leiers. Sedert president Donald Trump se inhuldiging is Suid-Afrika in sy visier en het betrekkinge tussen die twee lande al hoe meer agteruit gegaan. Amerika het die afgelope 20 jaar sanksies teen hoëprofiel individue met gemengde welslae ingestel. Zimabwiese ZANU-PF-politici en Israelse besetters is onder meer deur dié soort sanksies geteiken. AfriForum en Solidariteit het ook vir sanksies teen ANC-leiers gevra. Ons praat hieroor met Jaco Kleynhans van Solidariteit.