Vanjaar, 40 jaar gelede in 1986, het die NG Kerk - die magtigste kerk in Suid-Afrika daardie tyd - die verslag, Kerk en Samelewing, by die Algemene Sinode in Kaapstad aanvaar. Dit het onder meer bepaal dat apartheid nie op enige Bybelse, teologiese grondslag, regverdigbaar is nie. Dit was 'n betekenisvolle besluit, veral omdat die NG Kerk reeds in 1857 'n besluit oor ras en nagmaal geneem het. Die Kerk en Samelewing-besluit is die afgelope week by 'n konferensie in Pretoria herdenk. Professor Piet Meiring, was een van die sprekers, en was teenwoordig by die geskiedkundige sinode van 1986.