In ons reeks oor die Suid-Afrikaanse Vloot praat ons oor die torpedojaers wat van 1950 tot 1975 in diens was. Suid-Afrika het 'n reuse kuslyn van om en by 2 800 kilometer en 'n ekslusiewe ekonomiese sone in die oseaan van ongeveer 1,5 miljoen vierkante kilometer, wat deur die Vloot bedien en beskerm moet word. Die vloot is vanjaar 102 jaar oud. Professor André Wessels is 'n historikus en navorsingsgenoot in geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat, en hy het al twee boeke oor die Suid-Afrikaanse Vloot geskryf.