Van 650 deelnemers nege jaar gelede in Duitsland, tot meer as 1,2 miljoen deelnemers verlede jaar. Hyrox het die oefen en gym-toneel soos 'n orkaan getref. In Suid-Afrika is dit net só 'n gewilde sportsoort. Vanoggend kuier twee van Suid-Afrika se voorste Hyrox-kampioene, Pieter Smith en Juan-Marie Herbst, by ons in die ateljee om vir ons te verduidelik wat Hyrox behels, en hoekom dit so gewild is. Pieter en Juan-Marie het onlangs Suid-Afrika in Swede verteenwoordig, en onder die Top-50 spanne in die wêreld geëindig.