Pretorianers het die afgelope week of twee gekla oor die erge lawaai van reuse Russiese vliegtuie wat laag oor die stad vlieg en by die Waterkloof-lugmagbasis land. Die Ilyushin Il-76 is vragvliegtuie wat deur Rusland ontwerp is. Dit kan tussen 40 en 60 ton vrag vervoer, en kan glo op ongeteerde aanloopbane land. Ons praat hieroor met Erika Gibson, ‘n spesialis militêre en lugvaart-joernalis.