Tobie van den Bergh het in sy loopbaan van 50 jaar in gemeenskapsjoernalistiek uiteenlopende stories op die platteland beleef. Hy vertel die verhaal van ‘n rugbyspeler wat langs die rugbyveld ‘n voertuig flenters geduik het, en in die hospitaal beland het. Dit was ‘n wedstryd tussen die spanne van Belfast en Amersfoort in Mpumalanga in die jare tagtig.