Op en WakkerOp en Wakker

Kosghoeroe Peter Veldsman sterf op 82

View descriptionShare

Hy was 'n Suid-Afrikaanse koslegende, fynproewerpionier, esteet en kosredakteur. Peter Veldsman is Dinsdagoggend in die ouderdom van 82 jaar oorlede. Huldeblyke stroom steeds van regoor die wêreld in. Veldsman het vir presidente en koninklikes gekook, was lank kosredakteur van Sarie, en het ook lank 'n kosrubriek vir die Rapport-tydskrif geskryf. Verskeie kookboeke het uit sy pen gevloei, en hy het die land vol gereis om kosdemonstrasies te gee. Joernalis en skrywer Elmari Rautenbach het Veldsman aan sy outobiografie, Wat die hart van vol is, help skryf.

  • Facebook
  • Twitter
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Op en Wakker

    2,943 clip(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Recent clips
Browse 2,946 clip(s)