Suid-Afrika het nou ’n nuwe nasionale park, dié keer in die hooglande van die Oos-Kaap. Die Grasslands Nasionale Park beskerm grasveldgebiede wat belangrik is vir biodiversiteit én die land se watervoorsiening. Wat dié park besonders maak, is dat boere steeds hulle grond besit, en met sekere bedrywighede kan voortgaan terwyl hulle hulle tot natuurbewaring verbind. Ons praat met dr. Morné du Plessis, uitvoerende hoof van WWF Suid-Afrika.