Sarel van Rensburg is 95 jaar oud, maar moenie dink hy sit heeldag stil nie. Dié kunstenaar van Montagu in die Wes-Kaap klim berge, ry graag met sy 4x4 en hou hom besig met olieverfskilderye, houtsneewerk en enjins in sy werkswinkel. Dié merkwaardige man vier nou ’n lewe vol kuns en avontuur met ’n solo-uitstalling, Al Die Berge Wat Ek Geklim Het.