Die geskiedkundige Monte Rosa-sentrum vir bejaardes in die hartjie van Kaapstad is nie net besig om 'n gedaanteverwisseling te ondergaan nie, die projek beoog ook om 'n model vir ander, soortgelyke instellings te skep om finansieel volhoubaar te wees. Sentrums vir bejaardes is byna sonder uitsondering gedeeltelik afhanklik van provinsiale regerings se departemente van maatskaplike ontwikkeling. Monte Rosa vorm deel van Badisa, die Wes-Kaapse NG Kerk se maatskaplike organisasie, wat een van die grootste van sy soort in Afrika is. Ons praat hieroor met Attie Niewoudt, 'n ingenieur en die projekkoördineerder van Monte Rosa.