Geslagsgeweld: Nie altyd fisiek

 
Geweld teen vroue en kinders het pandemiese vlakke in Suid-Afrika bereik, en politci spreek hulle gereeld daaroor uit, maar dit neem nie af nie. Geslagsgeweld is egter nie altyd net fisiek nie. Dit is dikwels emosioneel en sielkundig. In 'n baie groot aantal van die voorvalle van geweld teen vroue, is dit 'n persoon baie na aan die vrou, wat die geweldenaar is. Roenel Kriek, was so 'n slagoffer van geweld. Haar man het haar herhaaldelik aangerand oor baie jare, en wanneer hy haar nie fisiek aangerand het nie, het hy haar sielkundig aangerand. Roenel het 'n boek oor haar eravaring geskryf: STRAATENGEL HUISDUIWEL.

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het… 

Social links