Die Artemis II-maansending is nie net die eerste van sy soort in 54 jaar nie, verskeie ander rekords is ook met dié sending verpletter. Dit was die verste wat mense nog ooit van die aarde af was; dis die eerste keer wat daar na die verste deel van die maan, wat nie van die aarde af sigbaar is nie, gereis is, en dis die eerste keer dat daar 'n beplande onderbreking in kommunikasie met die aarde was. Dis maar net van die historiese gebeurtenisse wat met die sending bereik is. Om ons alles hiervan te vertel, sluit professor Pieter Kotzé van die Noordwes-Universiteit by ons aan.