Ons hoor gereeld dat kinders op skoolvlak nie behoorlik, of met begrip, kan lees nie. Lees kinders nog enigsins, of word die tyd wat broodnodig is vir ontwikkeling van die brein elders spandeer? Lê die verantwoordelikheid om kinders lief te maak vir lees by die huis of by die skool, en verstaan ons werklik die impak en rippeleffek van lees, al dan nie. Christien Nesser is ‘n skrywer met 21 boeke op haar kerfstok. Sy is ook ‘n gekwalifiseerde spraakterapeut met bykans drie dekades se ondervinding.