Kan mens regtig iemand met dwerggroei na ’n tradisionele geneser vat en dan R100 miljoen kry? Dis die absurde bewering wat vandeesweek op sosiale media versprei het – ’n aantyging wat selfs die polisie in Limpopo gedwing het om ’n verklaring daaroor uit te reik. Ons maak elke Vrydag maalvleis van mites en fopnuus., saam met Gert van der Westhuizen, die politieke redakteur van Netwerk24.