Op die Knersvlakte van die Wes-Kaap, waar water kosbaarder as goud is, lê een van Suid-Afrika se mees belowende projekte vir seldsame aardminerale. Die Steenkampskraal-myn naby Bitterfontein lok oorsese belangstelling oor ’n mineraal, wat tot in kankerbehandeling gebruik kan word. Maar saam met die belofte van miljarde rande se ontwikkeling is daar al hoe meer vrae van die plaaslike gemeenskap oor water, openbare deelname en vertroue. Ons praat met dr. Jacob Cloete, ’n politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.