Daar was baie groot stories, omstredenheid en baie vreugde in die oudkoerantredakteur, Tim du Plessis, se dekade-lange loopbaan. Tim is verede week met die Prestige-toekenning van die ATKV vereer vir sy reuse bydrae tot Afrikaans en Afrikaanse joernalistiek. Tim was onder meer redakteur van Rapport, Beeld, The Citizen en hoofredakteur van Afrikaanse koerante by Media24. Hy was ook kykNET se aktualiteitshoof. Hy het openhartig, land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy plan om 'n omroeper te word, Jaap Marais se swart budgie, Oppikoppi en Deon Maas se satanis-rubriek in Rapport.