Hy het 'n swart gordel in karate, en kon op sy dag vyf perde gelyk ry. Dr. Pieter Groenewald is die Minister van Korrektiewe Dienste in die Regering van Nasionale Eenheid, en het onlangs uitgetree as leier van die Vryheidsfront Plus. Hy is sedert 1988 'n loopbaanpolitikus, toe hy as burgemeester van Stilfontein verkies is. Hy is ‘n jaar daarna parlement toe. Pieter Steyn het land en sand met Pieter in sy kantoor op Klerksdorp gesels oor die destydse Konserwatiewe Party, perdry en die konflik tussen hom en sy opvolger by die VF Plus, dr. Corné Mulder.