Vir die mense van Stofkraal, ’n klein Nama-dorpie naby Bitterfontein in die Wes-Kaap, voel dit soms of 1994 nooit opgedaag het nie. Daar is min tekens van die moderne wêreld, wat elders as vanselfsprekend aanvaar word. Daar is ’n hoofstuk wat al 29 jaar wag om voltooi te word - ’n grondeis wat nog nie afgehandel is nie, en ’n gemeenskap wat tussen hoop en uitstel leef. Ons praat met dr. Jacob Cloete, ’n politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.