Hy was nog 'n tjokker op skool, toe hy sy eerste televisierol losgeslaan het in die destydse dramareeks, Meester. Daarna was hy as skoolkind gereeld te sien in televisierolle. Ons sal vir Neil Sandilands egter altyd onthou as die half-beskimmelde Bart van 7de Laan. Neil het land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy loopbaan in Hollywoord, Emmy-benoemings en sy bewondering vir Friederich Nietzsche.