Op die oog af is AJ Pienaar ’n vriendelike 15-jarige seun wat maklik in enige groep sal inpas. Maar kyk ’n bietjie langer, en jy sien vinnig daar is min “gewoon” aan sy storie. AJ is tans die nommer een onder 18-rolstoeltennisspeler in Suid-Afrika, én tel onder die top 20 junior spelers ter wêreld. Agter dié sukses lê egter ’n pad vol operasies, pynlike herstelprosesse en ure se fisioterapie. Ons praat met AJ en sy ma, Annelien, oor die realiteit van die prestasies