Met meer as 26 000 moorde per jaar in Suid-Afrika, is dit een van die geweldadigste lande in die wêreld. Ds. Gerhard Pietersen se skoonouers is in 2016 wreed in 'n plaasaanval by Groot-Brakrivier vermoor. Sy boek oor die gebeure en wat daarna gebeur het, WOND, het pas verskyn. Gerhard het land en sand met Pieter Steyn gesels oor die moorde, die ontredderdheid en trauma vir die mense wat agterbly, die verpolitisering van veral plaasmoorde, en hoe 'n wond langsaam genees.