Die kaalbas-komedie wat Afrikaanse kykers aan die gons het, Khaki Fever, het onlangs op Showmax begin wys. ’n Lekeprediker op Facebook, bekend as Rooies, het selfs ’n aanlynveldtog begin om teen die fliek te bid. Francois Jacobs, wat in Khaki Fever te sien is, is by die Silwerskermfees aangewys as die beste manlike byspeler vir sy rol in dié fliek. Hy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor die produksie, en die tydperk ná sy vrygeselrol in Op my Eish.