Dis nie meer nuwe nuus dat gedrukte media 'n taai stryd voer nie. Dis wél nuus as 'n gedrukte tydskrif ondanks die uitdagings, sy 50ste uitgawe kan vier. WEG! PLATTELAND is 'n kwartaallikse tydskrif wat pas die vyftigste keer verskyn het. Dit word ook in Engels uitgegee. Ons praat met die twee redakteurs van die tydskrif, Peter van Noord en Johan van Zyl.