Dit was die langste en duurste hofsaak in die geskiedenis van Suid-Afrika. Die Boeremag-verhoor het uitendelik op 29 Oktober 2013 tot 'n einde gekom toe regter Eben Jordaan die 23 beskuldigdes gevonnis het. Die verhoor het langer as 10 jaar aangehou. Karin Mitchell was 'n joernalis wat die verhoor bygewoon het. Haar boek, THE HIGH TREASON CLUB, het pas verskyn. Sy en die ondersoekbeampte in die saak, oudkolonel Tollie Vreugdenburg, het land en sand met Pieter Steyn gesels.