In 1916 het ’n klein linnepop op Graaff-Reinet in die Oos-Kaap vinnig ’n simbool van kreatiwiteit, gemeenskap en hoop geword. Die Reinet-pop is nie net ’n speelding nie, maar ’n storie wat hande en harte regoor die dorp verbind het. Nou is dié storie in die kollig te midde van die beplande naamsverandering van Graaff-Reinet na Robert Sobukwe. Vir sommige is die naamsverandering vooruitgang, en vir ander is dit ’n verlies aan geskiedenis. Ons praat met Lizette Jansen, die bestuurder van die Erfenisstigting.