Bouwer Bosch is deesdae verantwoordelik vir van die snaakste advertensies in Afrikaans, wat gereeld die loop neem op sosiale media. Bouwer het bekendheid verwerf as die hoofsanger en liedjieskrywer vir die baie gewilde Afrikaanse groep, Straatligkinders. Hy het later ook naam gemaak as komediant, akteur en vir sy potgooi, Narratief. Bouwer het land en sand met Pieter Steyn gesels oor die verlies van sy pa aan kanker en hoe diep dit hom getref het, hoe hy dit ervaar om self pa te wees, en oor sy egskeiding wat vir hom die ergste gebeurtenis in sy lewe was.