Sy is een van Suid-Afrika se beste aktrises wat in Afrikaans én Engels werk. Wie sal ooit Maryna du Plessis in Die Sonkring of Klara Viljee in Die storie van Klara Viljee vergeet? Anna-Mart van der Merwe is volksbesit. Sy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor haar pa en ma, wat albei vroeg oorlede is, haar grootworddae op die Weskus-dorpie, Vredendal, en hoe sy uiteindelik aktrise geword het.