Dis vanjaar 30 jaar gelede dat Suid-Afrika se Grondwet aanvaar is. Die proses om die Grondwet uiteindelik aanvaar te kry, het byna ses jaar geneem, met die eerste amptelike onderhandelinge tussen die destydse regering en die ANC, wat by Groote Schuur, die destydse presidensiële woning in Kaapstad, plaasgevind het. Sedert die onderhandelinge vir 'n demokratiese Suid-Afrika en die aanvaarding van die Grondwet, tot vandag nog, is daar mense wat aanvoer Cyril Ramaphosa, die ANC se hoofonderhandelaar, het Roelf Meyer, die regering se hoofonderhandelaar, ore aangesit. Die politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit, professor Piet Croucamp, het in 'n artikel in Rapport ook die kwessie aangeroer.