Argeoloë en paleontoloë het onlangs 'n artikel gepubliseer waarin bekendgemaak is dat 'n fossiel van 'n oerdier, drie keer so groot soos 'n Afrika olifant vandag, gevind is saam met klipgereedskap en -wapens wat gebruik is om die oerolifante te slag. Die fossiele en gereedskap is byna twee miljoen jaar oud. Dit is in opgrawings ontdek in die Olduvai-vallei in Tanzanië, naby Kenia en Uganda. Dis klink soos 'n speurverhaal terug in tyd. Ons praat hieroor met dr. Gideon Groenewald, geoloog van Clarens in die Oos-Vrystaat.